Media Archive

Archives:

Dawid Kahts

Source: Litnet
Dawid Kahts

Groep: Bydraers/Contributors

Dawid Kahts is ’n musikant, skrywer en kunstenaar. Hy is ’n selferkende kitaarmishandelaar en kultuur terroris. Met kwalifikasies in jazz asook klassieke kitaar was hy al betrokke by ’n reeks uiteenlopende musiekprojekte wat alle kleure van die musiekreënboog dek. Hy handhaaf  ook ’n gereelde rubriek in die Insig-afdeling van Rapport waar hy die kleurvolle wêreld van moderne musiek ondersoek.

Deesdae speel hy kitaar vir die berugte industriële Afrikaanse musiekgroep “NuL”, asook vir die belowende nuwe Afrikaanse rock groep “Angel”. Hy werk ook tans as musiekregisseur vir laasgenoemde se debutalbum.

Sy döppelganger Thys Nywerheid maak eksperimentele elektroniese musiek en skryf satiriese artikels vir onder andere die Zimdollar.