Source: Willeklong (willeklong)
Hoeveel van ons onthou nie die klanke van Bettery 9 en Paul Riekert nie, en hoeveel van ons wonder nie elke dag waar is hulle en wat gebeur deesdae in die lewe van Battery 9 en Paul Riekert nie?
Wel die Willeklong span het vir Paul Riekert opgespoor en besluit hierdie man kan ons nie onwyk nie en het so n paar vragies aan hom gestel om ons nuuskierigheid te blus en hopelik julle s n ook.
Vertel ons eers, wat het van Battery 9 geword en wat doen elkeen van julle nou?
Laat ek sommer met die intrapslag dit duidelik maak: battery9 het nie “opgebreek” nie. Battery9 sal “opbreek” wanneer ek opbreek.
Dit werk so: ek maak die CDs, en ons almal speel die musiek live. Ek het ‘n studio by die huis, waar ek al die musiek opneem en produce. Ek skryf die songs en speel meeste van die instrumente, en ek sal nou en dan iemand anders inkry vir hulle spesifieke talente. Dis nie ‘n band wat saam “jam” en dan met songs opkom nie.
Live is ‘n ander storie. Ek kry dan ‘n band bymekaar om ‘n lewendige interpretasie te doen van sekere songs op die CDs. Huyser en ek is die enigste twee permanente lede tot dusver. Dit wissel – gaan kyk op battery9.co.za na al die ex-b9 -lede.
Die afgelope 2 jaar was ek besiger op ander gebiede – musiekproduksie vir ander bands, soos die Brixton Moord en Roof Orkes; ook het ek baie musiek geskryf vir TV, en ‘n album onder die naam Die Menere geskryf en opgeneem saam met Andr?, die mees onlangse battery9 kitaarspeler.
Huyser is ‘n skilder van formaat – hy is besig om te werk aan ‘n solo – uitstalling.
Weirdste insident wat al gebeur het met julle?
Om musiek te maak vir ‘n lewe is al klaar weird.
Wat sal jy onthou van Battery 9?
Die euforiese gevoel as ‘n mens die musiek maak / opvoer. Die heerlike aktiewe gehore. Die seer keel.
Vertel ons meer van Paul, wie is jy en waarvandaan kom jy? Het jy enige musiek opleiding gehad?
Ek het op Potchefstroom grootgeword en skoolgegaan (Potch Gimnasium), waar ek klavier, klassieke kitaar en teorie as (na-ure) vakke by die Konservatorium of by private onderwysers geneem het. Ek het opgehou daarmee toe ek my eie musiek begin skryf het op seker so 17.
Ek is Wits toe vir ‘n BA (Engels, Afrikaans, “Comparative Literature”) en het ‘n jaar lank klas gegee by ‘n privaat “taalinstituut”. Toe besluit ek “fok dit” – en doen wat ek nog altyd wou: musiek.
Jou passies en jou liefdes..vertel ons meer
Ek is baie lief vir goeie koffie, bourbon of single malt whisky, sjokolade, Indiese kos; ek is mal oor doringbome (acacias) en gaan op trips net om na bome te gaan kyk, ek is baie lief vir die Kalahari en die Namib -woestyn. Vir ontspanning lees ek baie, skilder af en toe, en skryf kortverhale. Ek doen ook fotografie en grafiese ontwerp vir die pret. (Jy sal oplet dis meestal goed wat mens alleen doen. Party mense beskryf my as ‘n kluisenaar. Dis seker ‘n simptoom van om te lewe in “die publiek”.)
Maar die oorheersende ding in my lewe is musiek. Dis nie net ‘n job nie. Dis ‘n obsessie.
Wat is jou toekomsplanne, waar sien jy jouself se maar oor 10 jaar? (Ek weet, ek haat dit self as iemand so n vraag vir my vra.maar jammer, dis een van daardie vrae wat nie vermy kan word nie)
My lewe draai om musiek, en my toekomsplanne sluit altyd een ding in: om soveel moontlik musiek te maak. Maar wie weet, miskien is ek ‘n wortelboer oor tien jaar.
En met watter projekte is jy huidiglik besig?
Nuwe b9 album en ander kunstenaars se albums (as producer). Daar is sprake van ‘n animasie-reeks vir kinders waarvoor ek die musiek gaan maak; ook ‘n plaaslike vollengte film. Dan is ek besig om ‘n “record company” te stig, iets spesifiek op die skaarser en minder kommersi?le sy van plaaslike musiek gemik.
Villa Rosa se musiek, hoe het jy daar ingekom en is dit iets wat jy nog altyd wou gedoen het?
Dis ‘n ou kli?nt van my, ‘n great ou, wie die sepie gekry het, en hy het my gevra om die musiek te doen. Ek is al langer besig met musiek vir TV en film as met battery9 – omtrent ‘n jaar langer. Let ‘n bietjie op, daar is baie van my musiek op TV, bv. Pitstop, Voorblad, Enterprize Zone, die Berocca en EnergadeTV advertensies.
As jy nie In die musiekbedryf was nie, wat sou jy anders gedoen het?
Ek het al gedink daaraan om ‘n kweker/tuinier te word.
As ons nou by jou huis in stap, wat sal ons op jou cd rakke vind?
Enigiets en alles, van Frank Sinatra tot by Beefheart en Slipknot. Ek luister na baie verskillende musiek. Maar julle moet eers ‘n afspraak maak voor julle by my huis instap.
Wat is jou gunsteling Suid Afrikaanse band(s)?
Trike, Brixton Moord en Roof Orkes, Fokofpolisiekar, Rokkeloos, Swim Club, Kobus, Martin Rocka & the Sick Shop, Diesel Whores, Riku Latti, en dan hou ek baie van die Salvation Army se brass band. Ek moet erken ek luister maar min na SA musiek. Ek dink 90% van SA musiek is stront. OK, 90% van enige land se musiek is stront.
Enige wyse woorde vir jong opkomende musikante?
Werk jou gat af, sonder dit sal jou musiek nooit verder as jou slaapkamer kom nie. En moenie dink jy’s spesiaal nie.
So ok, jou eerlike opinie van die Willeklong website?
Dis ‘n goeie idee; dit lyk goed – nice logo en ontwerp, en dis pret om rond te snuffel op die site. Ek hou nie eintlik van die “dronkwees – jonkwees” -idee nie. (”Suip tot jy bloei.”) (Die Willeklonge stem saam en jy sal sien ons is weg daarmee, maar Suip tot jy bloei is ook bietjie scarry.hehe)
So en as mense jou wil kontak, wat sal die beste manier wees?
Hulle kan my e-mail by die adres onder “contact” op die b9 website.
Jammer oor die vraag, maar dis maar n algemene vraag wat ons vir almal vra – enige iemand spesiaals in jou lewe?
Ja, daar is. Sy’s great! Ons is al ‘n paar jaar saam.
Ok, net vinnig weer terug na die dae van Battery 9 – groupies, het julle gehad en mis jy nie die groupies nie?
Natuurlik het ons groupies! :) Wonderlike mense. Ons behandel altyd groupies met die hoogste respek. (Daar is baie bands wat neersien op groupies, en ek dink dis stupid.)
Enige snaakse staaltjies wat jy ons kan vertel wat dalk met n groupie gebeur het, as ons dit natuurlik mag vra?
Die beste staaltjies kan ek ongelukkig nie oor uitbrei nie, “to protect the innocent”. Laat ek maar net s?: reality is stranger than fiction.
Vir ‘n ruk, aan die begin van battery9, was S&M en “industrial” sinoniem vir baie mense, danksy Nine Inch Nails. Ook vir baie groupies van daardie tyd. Die band was nog nooit juis into dit nie – en dit het gesorg vir ‘n paar lelike misverstande. Dis baie onaangenaam om met ‘n sweep geslaan te word as jy nie wil nie.
So liewe vriende sluit ons hierdie Wille Interview af, en ons hoop ons het darem die meeste van julle vrae beantwoord. Hierdie man het n ware passie vir sy musiek en is n ware inspirasie vir almal. Baie dankie aan Paul vir hierdie interresante onderhoud met al sy interresante antwoorde en kwinkslae!
Die van julle wat graag self vir Paul wil kontak kan hom kontak by paul@battery9.co.za
en besoek gerus ook hul webwerf by www.battery9.co.za